Administrasie
Artikel 74 van die Landros Hof Wet maak voorsiening vir die proses van administrasie. In terme van hierdie proses word ‘n administrateur vir ‘n kliënt se boedel deur die hof aangestel. Ons onderhandel afbetalings terme met ‘n kliënt se krediteure (skuldeisers) om tot ‘n reëling te kom wat bepaal dat ‘n kliënt afbetaling van skuld kan maak terwyl voorsiening gemaak word vir ‘n billike leeftoelaag. ‘n Kliënt word beskerm daarvan om hof toe gesleep of gesekwestreer te word, terwyl krediteure met gereelde intervalle betaling ontvang. Kliënt word verhoed om verdere skuld aan te gaan, terwyl hulle bygestaan word deur ons administrateur om to gou as moontlik delg. Administrasie is slegs van toepassing indien die skuld minder is as R 50 000.00.