Debt Counselling

Read more

Frequent Questions

Read more

Labour law

KWA bied pasgemaakte en persoonlike arbeidsverhoudingsdienste om ons kliënte in staat te stel om op hulle kernbesigheid te fokus terwyl ons span prokureurs na arbeids- en indiensnemingsake omsien.

Ons adviseer kliënte en gee menings oor ’n wye reeks nie-litigiewe aangeleenthede in die indiensnemingsreg en kommersiële aangeleenthede met implikasies vir indiensnemingsreg. Ons bied ook ad hoc of op retensie dienste in die bestuur van arbeidsverhoudinge en menslikehulpbronbestuurder, wat insluit:

Arbeidsverhoudinge:

Ons help ons kliënte met die bestuur van:

  • Afdankings en dissiplinêre prosesse;
  • Afleggings, afdankings en besigheidsoordrag;
  • Beroepsgesondheid en -veiligheid
  • Loononderhandeling en strukturering van vergoedingspakkette;
  • Stakings, sloerstakings, tuisblystakings en plakkaatbetogings;

Menslikehulpbronbestuur

  • Opstel en implementering van dienskontrakte.
  • Formulering van maatskappybeleide en -prosedures.
  • Werkplekontledings, posprofiele en posgradering;
  • Werwing, keuring en interne personeelaanstelling.
  • Evaluering, prestasie, ontwikkeling en loopbaanbestuur.
  • Menslikehulpbronadministrasie, implementering van prosedures en beleide.

Verteenwoordiging:

  • Litigasie in die konstitusionele hof;
  • Litigasie in die arbeidshof en arbeidsappèlhof;
  • Litigasie by die KVBA en Bedingingsraad;

Voldoening:

  • Verseker voldoening aan statutêre vereistes vir arbeidsverhoudinge.
  • Verskaffing van dienskontrakte, indiensnemingsbeleide en dissiplinêre kodes
  • Voldoening aan BBB – EE en diensbillikheid;
  • Werkplekvaardigheidsplanne;

Opleiding:

Om kliënte deur die verwikkeldheid van indiensnemingsreg te help lei, bied ons seminare aan en hou pasgemaakte opleidingsessies en werkwinkels oor ’n reeks indiensnemingskwessies.