Skuldberading

Lees meer

Gereelde Vrae

Lees meer

Skuldberading

 KW Prokureurs se skuldberadingsafdeling staan bekend as DebtHealth. Besoek die DebtHealth-webwerf hier: www.debthealthsa.co.za.

Gereelde Vrae

Klik hier

Wat is skuldberading?

Skuldberading is ’n proses wat deur die Nasionale Kredietwet ingestel is om verbruikers wat hoë skuldvlakke het en wat in die moeilikheid is, by te staan. Die doel van skuldberading is om die herstrukturering van skuld en ’n terugbetaalplan daar te stel wat deur krediteure ondersteun word of deur die hof bevind word as billik in die omstandighede.

Verbruikers word steeds deur die Nasionale Kredietwet beskerm, en deur die betaling van een maandelikse paaiement aan ’n betalingsverspreidingsagent, wat geregistreer en geakkrediteer is, word alle krediteure terugbetaal met ’n bedrag waarop met sodanige krediteure ooreengekom is.

Hoekom skuldberading?

Huishoudelike skuldvlakke in Suid-Afrika is geweldig hoog en plaas verbruikers in ’n posisie dat hulle veel meer skuld aangaan as wat maandeliks terugbetaalbaar is.

Die Nasionale Kredietwet is aangeneem om verbruikers te probeer beskerm deur middel van verskeie maatreëls, onder andere skuldberading. Skuldberading is ’n proses wat verbruikers in ’n posisie stel waar hulle nie alles hoef te verloor of gesekwestreer hoef te word nie, maar op ’n wetlike en gestruktureerde manier hulle skuld kan delg. Dit is in hierdie stadium die beste proses in Suid-Afrika om te volg wanneer dit duidelik word dat ’n persoon se skuld eenvoudig onhanteerbaar geword het.

Kan ek onder skuldberading gaan?

Indien ‘n persoon oorverskuldig is, is hy/sy vatbaar vir skuldberading. Om oorverskuldig te wees beteken eenvoudig dat so ‘n persoon ten tye van die assessering van skuldvlakke nie betyds in staat is om sy of waar finansiële verpligtinge in terme van kredietooreenkomste na te kom nie, met inagneming van sodanige persoon se finansiële vermoë of toekomstige finansiële vermoë.

Wat is die stappe in skuldberading registrasie ?

Stappe 1 tot 5 duur gewoontlik 60 dae.

Stappe

Stap 1

Vul ’n aansoekvorm vir skuldberading (Vorm 16) in. Jy sal die volgende nodig hê:

  • Lys van al jou krediteure
  • Afskrif van jou identiteitsdokument/e
  • Onlangse betaalstrokie/s
  • Onlangse krediteurestate
  • Laaste 3 maande se bankstate
  • Bewys van verblyf
  • Enige regsdokumentasie vanaf krediteure

Stap 2

Kruger Wilkens Prokureurs lig al jou krediteure in dat jy oorbelas is en onder skuldberading gaan. Jy word nou gevrywaar teen enige regsaksie.

Jou skuldberader sal nou na jou begroting kyk en ’n voorlopige maandelikse paaiement bereken terwyl daar verseker word dat jy genoeg kontant sal hê om van te lewe. Jou skuldberader sal tydens hierdie stap ook al jou krediteure se uitstaande saldo’s aanvra.

Stap 3

’n Voorlopige skuldterugbetaalplan word opgestel. Dit is belangrik om te weet dat dit ’n tydelike plan is wat aan al jou krediteure gestuur word. Die krediteure sal dan terugvoering verskaf in terme van hierdie plan.

Stap 4

Die Betaalplan word onderhandel met krediteure. Jou skuldberader onderhandel namens jou met alle krediteure om ’n redelike terugbetaalplan daar te stel en daarop ooreen te kom. Afhangende van onderhandelings met krediteure kan dit moontlik wees dat jou skuldberader die plan moet aanpas of herstruktureer.

Stap 5

Indien daar op ’n terugbetaalplan met al jou krediteure ooreengekom is, word daar aansoek verwys na die landdroshof om u terugbetaalplan ’n hofbevel te maak. Die betalings moet reflekteer soos per die hofbevel.

Voorbeeld van herstruktuering van skuld

 Tipe Lening Kontraktuele Paaimente  Nuwe Betaling Besparing
HuisverbandR 11 900.00

R 9 520.00

80% van die kontraktuele paaiement

R 2 380.00
VehicleR 3 856.00

R 2 699.20

70% van die kontraktuele paaiement

R 1 156.80
Persoonlike LeningR 3 839.63

R 2 411.48

Betaalbaar binne 60 maande

R 1 428.15
Krediet KaartR 4 431.13

R 2 461.86

Betaalbaar binne 60 maande

R 1 969.27
Totaal:R 24 026.76R 17 092.54R 6 934.22

 

Hoekom met u ons kies?

  • Ons voorsien alle verbruikers met ‘n GRATIS geen verpligting kwotasie om te bepaal hoe ons u gaan help om sodoende ‘n geligte besluit te neem.
  • Ons is geregistreerde skuldberaders wat gemonitor word deur die National Krediet Reguleerder.
  • Ons vind oplosssings vir lewens veranderde plan om u te help deur hierdie proses.
  • Ons vriendelike persooneel is opgelei en het jare ondervinding om u te help en by te staan.
  • Ons hanteer die skuldberading in die beste belang van die kliente
  • Ons verminder die maandelikse paaiement in een maklike paaiement vir al die krediteure
  • Ons monitor ons kliente se betalings gereeld en verskaf ook terugvoering aan kliente
  • Ons help u om u waardigheid en u krediet rekord weer te herstel.