Wie Is Ons
Kruger Wilkens Prokureurs is ‘n spesialis regsfirma wat spesialiseer in oplossings met skuld. Kruger Wilkens het sedert sy ontstaan in 2001 reeds 1000e kliënte gehelp om met waardigheid uit die greep van skuld te kom deur middel van administrasie . Ons het ook sedert 2010 ervaring om oorbelaste kliente te help deur middel van skuldberading. Ons span van professionele kundiges is welbekend in uitstekende en effektiewe hulp en diens aan ons kliënte. Kom stel ons op die proef en laat ons jou help om ‘n greep op jou skuld te kry.
Ons span
Ons span professionele persone en kundiges is bekend vir uitstekende en effektiewe diens op die gebied van industriële verhoudings. KWA se vennote en geassosieerdes het meer as 50 jaar se gesamentlike ondervinding op die gebied van arbeids- en indiensnemingsreg en is buitengewoon vaardig in hierdie dossier.